Biblioteek

Waardevolle boekdele in die Moskouse Nekrasof-biblioteek
Gepaste versierings by 'n stel trappe wat na Los Angeles se Sentrale Biblioteek lei
Biblioteek in die klooster Göttweig, Wachau, Oostenryk
'n Voorbeeld van 'n reisende of rondgaande biblioteek

'n Biblioteek is 'n georganiseerde versameling van inligtingshulpbronne, wat toeganklik gemaak word aan 'n vasgestelde gemeenskap vir verwysing of uitleen. Dit bied fisiese of digitale toegang tot materiaal, en kan in 'n fisiese gebou of kamer, òf 'n virtuele ruimte, òf albei wees.[1]

'n Biblioteek se versameling items kan boeke, tydskrifte, koerante, manuskripte, films, kaarte, afdrukke en dokumente insluit. Mikrofilm, CD's, klankkassette, videobande, DVD's, Blu-ray-skywe, e-boeke, oudioboeke, databasisse en ander formate kan ook hier gestoor word.

Biblioteke kan wissel in grootte van 'n paar rakke met boeke, tot 'n paar miljoen items. In Latyn en Grieks, is die begrip van 'n boekrak verteenwoordig deur Bibliotheca en Bibliothēkē (Grieks: βιβλιοθήκη). Afgeleides van hierdie woord beteken biblioteek in meeste moderne tale, bv die Franse bibliothèque.

  1. (en) Definisie van "Library". Allen, RE, ed. (1984) The Pocket Oxford Dictionary of Current English. Oxford: Clarendon Press; p. 421