Sleeswyk-Holstein

Schleswig-Holstein
Slesvig-Holsten
Slaswik-Holstiinj
Sleswig-Holsteen
Sleeswyk-Holstein
Landsvlag Landswapen
(Besonderhede) (Besonderhede)
Leuse
„Op ewig ungedeelt“
(„Vir ewig ongedeel“)
Leuse van die
hertogdomme Sleeswyk en Holstein
wat sedert 1460 verenig is
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits, Nederduits,
Noord-Fries, Deens
Hoofstad: Kiel
Stigting: 23 Augustus 1946[1]
Oppervlakte: 15 799,65 km² (12de)
Bevolking: 2 922 005[2] (9de) (31 Desember 2021)
Bevolkingsdigtheid: 185 inwoners / km² (10de)
BBP
 - Totaal
2021
104,506 miljard €[3]
(10de)
Volkslied (Landeshymne): Schleswig-Holstein meerumschlungen
Skuldlas per inwoner: 11 363 € (31 Maart 2022)
Totale skuldlas: 33,204 miljard €[4] (31 Maart 2022)
Werkloosheidsyfer: 5,0%[5] (Junie 2022)
ISO 3166-2: DE-SH
Amptelike webwerf: www.schleswig-holstein.de
Politiek
Eerste Minister: Daniel Günther (CDU)
(sedert 28 Junie 2017)
Regerende partye: CDU en Grüne
Setels in die parlement (Landtag)
(69 setels) (2017: 73 setels):
CDU 34 (2017: 25)
B90/Grüne 14 (10)
SPD 12 (21)
FDP 5 (9)
SSW 4 (3)
Laaste verkiesing: 8 Mei 2022
Volgende verkiesing: Mei 2027
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 4 (van 69)
Kaart

Sleeswyk-Holstein (Duits: Schleswig-Holstein [ˈʃleːsvɪç ˈhɔlʃtaɪ̯n] , Deens: Slesvig-Holsten, Noord-Fries: Slaswik-Holstiinj, Nederduits: Sleswig-Holsteen) is die mees noordelike deelstaat van die Federale Republiek van Duitsland en word dikwels as die "Land tussen die mere" (Noord- en Oossee) beskryf. Sedert die stigting van die huidige deelstaat op 23 Augustus 1946 dien die hawestad Kiel as die administratiewe hoofstad.

Met 'n oppervlakte van 15 799,65 vierkante kilometer is Sleeswyk-Holstein – behalwe vir die stadstate Berlyn, Vrye en Hansestad Hamburg en Vrye Hansestad Bremen – die kleinste Duitse deelstaat ná die Saarland. Sleeswyk-Holstein grens in die noorde aan Denemarke, aan die deelstate Hamburg en Nedersakse in die suide en Mecklenburg-Voorpommere in die suidooste.

  1. (de) "Verordnung Nr. 46, Auflösung der Provinzen des ehemaligen Landes Preußen in der Britischen Zone und ihre Neubildung als selbständige Länder". Verfassungen.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2017. Besoek op 25 Februarie 2017.
  2. (de) "Bevölkerung der Gemeinden in Schleswig-Holstein 4. Quartal 2021". Statistikamt Nord. 31 Desember 2021. Besoek op 6 Julie 2022.
  3. (de) "Bruttoinlandsprodukt von Schleswig-Holstein von 1970 bis 2021". Statista. 26 April 2022. Besoek op 6 Julie 2022.
  4. (de) "Vorläufiger Schuldenstand der Länder". Statistisches Bundesamt. 31 Maart 2022. Besoek op 6 Julie 2022.
  5. (de) "Arbeitslosenquoten im Juni 2022 – Länder und Kreise". Statistik der Bundesagentur für Arbeit. Junie 2022. Besoek op 6 Julie 2022.