Nirwana

Nirwana (Sanskrit: निर्वाण) of Nibbana (Pali:निब्बान) is ’n belangrike begrip in Boeddhisme en verwys na die hoogste vlak wat ’n mens kan bereik en waardeur heiligheid behaal kan word. Die letterlike betekenis is uitgedoof, onbeweeglik; eersgenoemde verwys na die einde van begeerte, afkeer en verwarring, wat die hoofdoel van Boeddhisme is. Benewens Boeddhisme ken ander Indiese gelowe ook ’n nirwana, dikwels met ’n verskillende betekenis.