Louvre

Louvre
'n Beeld van die museum.
Die Louvre

Plek Parys
Land Frankryk
Openingsjaar 1792
Tipe museum Kunsmuseum
Webtuiste www.louvre.fr

Die Louvre (Frans: Musée du Louvre of kortweg: Le Louvre) is 'n baie groot museum in die hart van Parys, Frankryk. Dit lê noord van die Seine en kan maklik met die moltrein bereik word.

Die Louvre Paleis wat die museum huisves, was oorspronklik 'n fort wat in die 12de eeu deur Philip II gebou is. Oorblyfsels van hierdie gebou kan steeds in die kelder gesien word.[1] Dit is nie bekend of die fort die eerste gebou op hierdie plek was nie; daar is sprake dat Philip wysigings aan 'n bestaande toring aangebring het.[2]

Deur die loop van die Middeleeue is die Louvre Paleis gereeld verander. In 1536 het Francis I die terrein volgens die Franse Renaissance-styl gerestoureer.[3] Francis het werke aangeskaf wat uiteindelik die kern van die Louvre se bates sou uitmaak, insluitend Leonardo da Vinci se Mona Lisa.[4]

Teen die middel 18e eeu was daar 'n toenemende aantal voorstelle om 'n openbare galery te skep en op 14 Oktober, 1750, het Louis XV ingestem en 'n uitstalling van 96 stukke uit die koninklike versameling.

  1. Mignot, p. 32
  2. Edwards, pp. 193–94
  3. Edwards, p. 198
  4. Chaundy, Bob (29 September 2006). "Faces of the Week". BBC. Retrieved 5 October 2007.