Australopithecus (uit die Latynse australis, "suidelike", en Griekse πίθηκος pithekos, "aap") is ’n uitgestorwe genus van hominiede. Dit lyk of Australopithecus sowat 4 miljoen jaar gelede in Oos-Afrika ontstaan en daarna oor die hele kontinent versprei het. Dit het eindelik sowat 2 miljoen jaar gelede uitgesterf.
In dié tyd het ’n paar spesies ontwikkel, onder andere:
Australopithecus afarensis
A. africanus
A. anamensis
A. bahrelghazali
A. garhi
A. sediba
A. robustus